Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 mans, vrou vas nadat meisie (6) doodgeskiet is

Die polisie se bende-eenheid in die Wes-Kaap het vier mense in hegtenis geneem in verband met die skietery Saterdagoggend om 09:50 in Lavender Hill, Kaapstad, wat die lewe van ’n sesjarige kind geëis het.

’n Dwaalkoeël van hierdie vuurwapen het na bewering die dood van ’n meisie (6) van Lavender Hill veroorsaak. Foto: SAPD

Soos vroeër berig het onbekende aanvallers op ’n man geskiet en die kind, wat buite gespeel het, is raakgeskiet. Sy het in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Die meisie was luidens berigte by die hek voor haar huis besig om tou te spring toe ’n koeël haar getref het.

Die bende-eenheid het luidens ’n verklaring wat Maandagoggend uitgereik is dadelik onverpoos begin werk om die skuldiges vas te trek en het Saterdag op ’n huis in Sheppardweg in Lavender Hill toegeslaan waar hulle op ’n Glock-pistool beslag gelê het en ’n 52-jarige man in hegtenis geneem is.

“Die eenheid se ondersoek het hulle daarna na ander ’n huis gelei waar hulle Sondag nog twee verdagtes (18 en 20 jaar oud) in hegtenis geneem het op aanklag van moord en poging tot moord,” sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, in die verklaring.

“In ’n klopjag op ’n derde huis is ammunisie gekry van die vuurwapen wat glo gebruik is toe daar op die man geskiet is en die meisie getref is. By hierdie huis is ’n vrou (39) vir die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem.”

Die ammunisie waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Meer oor:  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Klopjag  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.