Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 mense in motor doodgeskiet

Drie mense is Vrydag in ’n motor in Hanover Park, Kaapstad, doodgeskiet.

Die slagoffers is ’n 32-jarige vrou en twee mans van 22 en 44 onderskeidelik.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 03:40 op ’n klag in Hanall Walk gereageer.

“Die slagoffers is in ’n motor met skietwonde aan hul lyke gevind,” sê sy.

Rwexana sê speurders van die Philippi-polisiekantoor het dieselfde dag nog twee verdagtes van 21 en 22 jaar onderskeidelik in hegtenis geneem.

Hulle sal Maandag op aanklagte van moord in die landdroshof in Athlone verskyn.

Meer oor:  Hanover Park  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.