Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 moorde binne 3 uur in PE

Drie moorde is Maandag in die vroeë oggendure binne drie uur in Port Elizabeth aangemeld.

Volgens die polisie is daar geen bewyse dat die drie moorde in die Motherwell-polisiegebied met mekaar verband hou nie.

Die moontlikheid dat dit geteikende moorde kan wees, word ondersoek, aangesien die slagoffers oënskynlik nie beroof is nie.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, is die jongste moord omstreeks 03:15 aangemeld nadat Vusumzi Maritz (27) in sy kamer agter die hoofhuis in Mlangenistraat, Motherwell, doodgeskiet is.

Die kamerdeur is vermoedelik oopgedwing voordat hy twee keer in die gesig geskiet is.

’n Ooggetuie het blykbaar gesien hoe ’n man in ’n wit hemp van die toneel af weghardloop en by ’n motor verder af in die straat inklim.

Sowat twee uur tevore is die polisie na ’n moord op St. George-strand ontbied.

Beetge sê ’n veiligheidswag het ’n man in die straat naby die plaaslike swembad aangetref. Hy het ’n skietwond aan die agterkant van sy kop gehad.

Vingerafdrukke is geneem om die identiteit van die oorledene te probeer vasstel.

In die derde voorval het die polisie omstreeks 00:20 in Zwide op die lyk van ’n man in ’n plas bloed afgekom.

Die polisie het patrolliediens gedoen toe die lyk op die hoek van Mdani- en Gwadela-straat aangetref is. Agt leë patroondoppies is op die toneel gekry.

Die identiteit van die oorledene, wat verskeie skietwonde in sy gesig en bolyf gehad het, is ook nog onbekend.

Beetge sê die lyk het geen identifikasie gehad nie en niemand kon hom op die toneel uitken nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.