Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 nog soek ná swaardaanval op hoewe

Die polisie in Noordwes soek nog na die drie verdagtes wat ’n bejaarde man Vrydagaand met ’n swaard in sy hand gesteek het toe hulle hom op sy hoewe naby Mooinooi aangeval het.

Lt.kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê ’n saak van huisroof word ondersoek.

“Die 75-jarige man en sy vrou was al in die bed toe drie mans skielik langs hul bed gestaan het.”

Dit is nie seker hoe oud die vrou is nie. ’n Struweling het blykbaar tussen die bejaarde man en die rowers ontstaan. “Een van die rowers het die man toe met ’n swaard in die hand gesteek. Die vrou is nie beseer nie.”

Die drie booswigte het daarna met ’n skootrekenaar en selfone gevlug.

Meer oor:  Mooinooi  |  Gesteek  |  Hoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.