Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 polisielede aangekla van diefstal, korrupsie

Drie polisiebeamptes is Woensdag op borgtog vrygelaat nadat hulle op aanklagte van diefstal, korrupsie en regsverydeling in die landdroshof in Kaapstad verskyn het.

Die sersant en twee konstabels is Dinsdag deur die polisie se teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

Luidens ’n polisieverklaring het die beamptes na bewering op 8 Augustus ’n man se voertuig in Loopstraat deurgesoek en op sy selfone beslag gelê.

“Hulle het vir die klaer gesê dat hulle hom vir die besit van gesteelde eiendom in hegtenis neem en het hom na die polisiekantoor geneem. Hulle het gesê hy moet R20 000 in kontant kry sodat hy sy selfone kan terugkry.”

Luidens die verklaring het een van die beamptes vir hom ’n kontaknommer gegee wat hy moes skakel sodra hy die geld het. Hy het ook ’n SMS van hierdie nommer af gekry waarin R20 000 van hom geëis word.

Toe hy die nommer skakel, het die beampte glo vir hom gesê dat as hy die geld betaal, hulle hom nie sal pla as hulle hom op straat sien nie.

“Die klaer kon R5 000 kry en het ’n ontmoeting met die beamptes gereël.”

Die drie beamptes is Woensdag op borgtog van R1 500 elk vrygelaat. Hulle sal weer op 2 Oktober in die hof verskyn.

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het beamptes ná die voorval gewaarsku dat daar geen plek vir korrupte lede in die polisiediens is nie.

Meer oor:  Landdroshof  |  Kaapstad  |  Polisie  |  Korrupsie-Klagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.