Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 rowers dood wat vir polisie wegjaag

Drie rowers is dood toe hulle van die polisie probeer wegkom het ná ’n rooftog by ’n huis in Mpenbeni Reserve naby Esikhaleni in KwaZulu-Natal.

“ ’n 64-jarige man was glo by sy huis toe iemand aan die deur klop. Toe hy gaan ondersoek instel, het vyf gewapende mans hom in sy huis ingedwing en met ’n vuurwapen gedreig,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Die mans het die huis geplunder en twee selfone gesteel voordat hulle in die slagoffer se motor daar weg is.

Die polisie is ingelig en die motor is naby Ntuzuma opgespoor.

Daarna het ’n hoëspoedjaagtog gevolg.

“Die rowers het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het Mbele gesê.

Drie van die vermeende rowers is in die ongeluk dood. Twee ander het oorleef, is gehospitaliseer en is nou onder polisiebewaking. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van roof.

Meer oor:  Motorongeluk  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.