Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 skiet op polisie in Philippi-Oos

Die polisie is op soek na drie mans wat Dinsdag op polisielede geskiet en weggehardloop het.

Die polisielede was omstreeks 11:30 in Nobiva-straat in Crossroads, Philippi-Oos, op patrollie toe hulle drie verdagtes op ’n straathoek opgemerk het.

Hulle het nader gery en meteens het een van die verdagtes ’n vuurwapen uitgehaal en op hulle begin skiet.

In ’n poging om hulself te verdedig het die polisielede teruggeskiet, maar die verdagtes het gevlug. Die polisie het hulle nagesit, maar hulle het die polisie ontglip.

Die vuurwapen waarmee daar op die polisie geskiet is, ’n 9 mm-pistool, is in die proses laat val. Dit is as ’n bewysstuk ingedien.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende Wes-Kaapse polisiekommissaris, sê die aanval op die polisielede is kommerwekkend en het lede van die publiek gevra om inligting oor die verdagtes by die Stopmisdaadnommer 08600 10111 aan te meld. Alle inligting sal op ’n anonieme grondslag hanteer word.

Die 9 mm-pistool wat in die voorval gebruik is.
Meer oor:  Polisie  |  Philippi-Oos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.