Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 taxibestuurders vas weens verkeersboetes

Drie taxibestuurders is die afgelope week in Kaapstad in hegtenis geneem vir uitstaande verkeersboetes wat gesamentlik op byna R400 000 te staan kom.

Dié boetes is glo boaan die lys van die 100 hoogste uitstaande boetes.

Verkeersbeamptes het Donderdag ’n 36-jarige man in Jakes Gerwel-rylaan in hegtenis geneem. Daar was 56 lasbriewe ter waarde van R103 500 teen hom.

Nog ’n 35-jarige man is by die Ndabeni-skutterrein vir motors in hegtenis geneem nadat sy voertuig twee weke gelede in Brackenfell geskut is. Toe hy dit gaan opeis, is hy in hegtenis geneem. Hy het 133 lasbriewe ter waarde van R188 650 teen hom.

’n Derde taxibestuurder is Dinsdag by ’n padblokkade in Mitchells Plain in hegtenis geneem. Sy 33 boetes beloop saam R100 600.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het in reaksie daarop gesê hy hoop die hof sal die oortreders aanspreeklik hou.

“Dit is die enigste manier om roekelose gedrag op ons paaie stop te sit. Die inhegtenisnemings volg op klagtes van die publiek en moet ook as waarskuwing vir die taxibedryf dien. Ons sal ook voortaan op permitte en oorlaaide taxi’s fokus.”

Private motorbestuurders moet ook op dié optrede ag slaan.

“Bestuurders van openbare vervoer is nie die enigstes wat skuldig is nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.