Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 transito-wagte vas ná insleepman se skietdood in Jhb

Drie wagte van ’n transitomaatskappy is in hegtenis geneem vir die moord op Shane Williams (40), ’n werknemer van die First Help-insleepdiens in Johannesburg.

Shane Williams (40) by sy insleepvoertuig. Foto: Verskaf

Williams is Vrydagoggend ná ’n transitorooftog in Roodepoort by ’n vulstasie naby 14de laan in sy insleepvoertuig doodgeskiet.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, provinsiale Valke-woordvoerder, word die verdagtes ook verbind met die transitorooftog net enkele minute vroeër op die kruising van Hendrik Potgieter- en Ontdekkersweg.

Mulamu sê die wagte, onderskeidelik 25, 28 en 40 jaar oud, staan nou tereg op aanklagte van moord, gewapende roof, sameswering om gewapende roof te pleeg, die besit van vermoedelik gesteelde geld, meineed en regsverydeling.

Hulle sal binnekort in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Werknemer  |  Wagte  |  Dood  |  Insleepdiens  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.