Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Renosters: 3 van Sanparke in Kruger vas ná stropery

Drie werknemers van Sanparke is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem weens klagte wat verband hou met renosterstropery.

Sanparke sê in ’n verklaring hulle is deur ’n taakspan bestaande uit personeellede van Sanparke en die polisie vasgetrek ná ’n jaagtog tussen die verdagtes en owerhede. “Die owerhede het vars renosterhoring in die motor van die werknemers gevind,” lui die verklaring.

Twee van die verdagtes is sekerheidswagte en een werk as tegniese bystandsbeampte by een van die wildtuin se ruskampe.

Hulle is op 20 Oktober in hegtenis geneem.

Gareth Coleman, besturende direkteur van die Krugerwildtuin, sê in die verklaring dit is hartseer dat kollegas in die wildtuin betrokke is by misdaad.

Hy sê alhoewel werknemers wat by stropery betrokke is in die kort termyn suksesvol kan wees, sal hulle beslis uiteindelik uitgevang word. “Dit sal ten koste wees van hul werk en die welstand van hul gesinne.”

Luidens Sanparke se verklaring is daar tussen Julie en September vanjaar reeds 16 verdagtes in verband met stropery in die wildtuin vasgetrek. In dié tyd is beslag gelê op sewe gewere.

“Sanparke bly daartoe verbind om stroping te bekamp. Ons doen ’n beroep op die publiek om verdagte bedrywighede in die wildtuin onmiddellik aan te meld by 013 735 0197 of 076 801 9679,” sê Coleman in die verklaring.

Meer oor:  Sanparke  |  Kruger  |  Renosterstropery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.