Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 van Zimbabwe gevang met olifanttand
Die olifanttand waarop die Valke beslag gelê het.

Drie Zimbabwiërs is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ’n olifanttand in Johannesburg te verkoop.

Lede van die Valke se span teen handel in wild en die nasionale intervensie-eenheid van Pretoria het die mans in Bramley vasgetrek.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die drie mans is in ’n klopjag aangekeer toe hulle na ’n koper gesoek het vir die olifanttand.

“Hulle wou glo R400 000 daarvoor hê.”

Radius Mncube (29), Mkhululi Ngwenya (52) en Mgcini Mncube (35), almal van Zimbabwe, het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Wynberg verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit.

Die saak is tot 14 Augustus uitgestel om te bevestig of hulle aan die immigrasiewette voldoen sodat hulle regsverteenwoordigers kan aanstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.