Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas in KZN wat e-taxi’s glo probeer kaap

Twee mans is die naweek in Pinetown, KwaZulu-Natal doodgeskiet en drie in hegtenis geneem in verband met twee voorvalle waar motors van e-pendeldienste glo byna gekaap is.

In die eerste voorval Saterdag om 23:00 is die bestuurder van die motor gevra om drie mans in New Germany op te laai en het die mans hom met sy aankoms glo probeer beroof.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die “waaksame” bestuurder het een van die mans in die kop geskiet en dié is op die toneel dood.

Nog een van die mans is raakgeskiet, terwyl die derde een glo agter in die motor weggekruip het en die bestuurder toe na die KwaDabeka-polisiekantoor gery het.

“Met sy aankoms by die polisiekantoor het hy gesien die derde man lê in die voertuig. Die tweede man is onder polisiebewaking na die hospitaal gebring.”

Mbele sê ’n 23-jarige man is in hegtenis geneem en van poging tot motorkaping aangekla.

In die tweede voorval Sondag om 16:50 is ’n bestuurder van ’n e-pendeldiens in New Germany genader deur twee mans, wat hom glo gevra het om hulle na Clermont te neem.

“Toe hulle agter in die motor klim, het die bestuurder opgemerk dat albei vuurwapens het. Die bestuurder is beveel om in die teenoorgestelde rigting te ry as waarheen hulle gevra het om te gaan.”

Volgens Mbele het die bestuurder ’n polisiemotor gesien en die polisielede se aandag getrek. Hy het toe vir die polisielede gesê daar is twee gewapende mans in die voertuig.

“Een van die polisielede het uit sy voertuig geklim om te gaan kyk. Toe hy by die voertuig kom, het een van die mans weggehardloop en ’n ander sy vuurwapen op die polisielid gerig. Die polisielid het op hom geskiet en die man is dood nadat hy in die keel getref is.”

Terwyl die polisielede op die toneel was, het ’n vrou verbygery wat aangedui het dat sy die suster is van die man wat doodgeskiet is, sê Mbele.

Die bestuurder het toe een van die mense in dié voertuig uitgeken as die tweede man wat na bewering weggehardloop het en ander klere aangetrek het.

’n 19-jarige man is in hegtenis geneem en beslag is gelê op ’n ongelisensieerde vuurwapen van die man wat gesterf het.

Die mans sal almal in die landdroshof in Pinetown verskyn.

Meer oor:  Pinetown  |  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Kaping  |  Taxi’S
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.