Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas ná boer en vrou aangeval, ontvoer is

Drie buitelandse burgers is Maandagoggend in Galeshewe in Kimberley in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op 7 Julie ’n egpaar van Campbell op hul plaas aangeval en ontvoer het.

Die drie mans wat ná ’n plaasaanval op 7 Julie in Campbell in hegtenis geneem is. Foto’s: Verskaf

Die egpaar is omstreeks 20:00 op hul plaas buite die dorp aangeval, het kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes het glo die huis binnegekom en die 36-jarige boer en sy 28-jarige vrou met wapens gedreig.

Kock sê die mans het die boer glo met pangas aangeval. Daarna het hulle ’n beduidende bedrag geld, ’n .38 Special-rewolwer, ’n skootrekenaar en selfone gebuit. Die verdagtes het die egpaar in hul silwer Toyota Hilux-bakkie gelaai en na Kimberley gery in ’n poging om die egpaar te dwing om nog geld uit hul rekeninge te onttrek.

Die bakkie het egter weens meganiese probleme sowat 20 km voor Kimberley gebreek. Die mans het die egpaar langs die pad vasgebind gelos en gevlug.

Die boer kon homself loswikkel en gaan hulp soek.

Die saak is dadelik by die polisie aangemeld.

Kock sê speurders van die provinsiale polisie se eenheid teen georganiseerder misdaad het Maandagoggend op ’n huis in Galeshewe op die verdagtes toegeslaan.

Die skootrekenaar en selfoon wat die polisie in die besit van die drie verdagtes gevind het. Foto:

Die mans is in hegtenis geneem nadat die .38 Special-rewolwer en ’n 9 mm-speelgoedpistool onder die vloer van ’n slaapkamer in die huis gevind is.

Die polisie het ook beslag gelê op ’n selfoon en ’n skootrekenaar wat na bewering aan die egpaar behoort.

Die vermeende rowers, wat onderskeidelik 24, 25 en 27 jaar oud is, sal Woensdag in die landdroshof in Douglas op aanklagte van gewapende roof verskyn. Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

Intussen het die polisie ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting om speurkonst. Bernard Sebegilwe by 060 864 6128 te bel. Die ondersoek duur voort.

Die .38 Special-rewolwer en die 9 mm-speelgoedpistool wat die polisie onder die vloer van 'n slaapkamer in die verdagtes se huis uitgegrawe het. Foto:
Meer oor:  Kapt. Sergio Kock  |  Galeshewe  |  Kimberley  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.