Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas ná moord op bejaarde

Twee verdagtes wat glo betrokke was by die moord op ’n bejaarde vrou in KwaMashu in KwaZulu-Natal is Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem.

“ ’n 67-jarige vrou is op 5 Junie vanjaar gedurende ’n huisroof in haar huis in Umcijostraat in KwaMashu oorrompel en vasgebind,” sê kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die vrou is verskeie kere met ’n mes gesteek en is op die toneel dood. Die verdagtes het met twee selfone en ’n televisiestel op die vlug geslaan.”

Volgens Zwane is twee mans, van 26 en 34 jaar oud, Vrydag ná deeglike ondersoekwerk in KwaMashu en Mtubatuba in hegtenis geneem.

“Die verdagtes word met die moord op die bejaarde vrou verbind omdat haar selfone en televisiestel in hul besit gevind is. Die kleindogter van die oorledene is ook intussen in hegtenis geneem. Al die verdagtes is in polisieaanhouding en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Ntuzuma op klagte van moord en roof verskyn,” sê Zwane.

Die selfone en televisiestel wat Vrydag deur die polisie in KwaZulu-Natal in die verdagtes se besit gevind is.

Meer oor:  Moord  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.