Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas ná rooftogte met speelgoedgeweer

Drie vermeende rowers is Vrydag deur die polisie in Olievenhoutbosch, Centurion, aangekeer nadat hulle glo mense in dié gebied in hul huise met ’n speelgoedgeweer aangehou en beroof het.

Gesteelde selfone is in hul besit gevind. ’n Vierde verdagte word nog gesoek.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, sê die mans het omstreeks 01:00 die oggend ’n vrou by haar huis met ’n speelgoedgeweer aangehou voordat hulle met drie selfone op die vlug geslaan het.

“Hulle het ook ’n 59-jarige man in die omgewing van sy waardevolle besittings beroof. ’n Span speurders het dadelik na die verdagtes begin soek en hulle binne ’n paar uur vasgetrek. Ons is nog op soek na die vierde verdagte,” het Moloto gesê.

Die verdagtes sal Maandag op aanklag van die besit van vermoedelike gesteelde eiendom in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Meer oor:  Centurion  |  Rooftogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.