Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas nadat huis in Bethelsdorp afbrand
Die huis in Imbuiastraat is verwoes nadat brandstigters dit glo in ’n bendeverwante voorval geteiken het. Foto: Verskaf

Drie mans wat Maandag glo ’n huis aan die brand gesteek en toe skote op die huis afgevuur het, sal binnekort in die hof voorkom.

Die drie jong mans van Port Elizabeth se noordelike voorstede is vasgetrek nadat die huiseienaar hulle op die toneel herken en later aan die polisie uitgewys het.

Die eienaar wat nie tuis was nie, het sy huis in Imbuiastraat in Bethelsdorp vroegoggend in ligte laaie aangetref nadat sy bure hom van die brand in kennis gestel het. Hy het ook gesien hoe mense skote op die huis afvuur.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is niemand in die voorval beseer nie, maar die huis is in puin gelê.

Terwyl die polisie later die oggend die toneel ondersoek het, het die huiseienaar twee van die mans aan die polisie uitgewys wat hy glo tydens die brand voor sy huis gesien het.

Naidu sê twee mans, onderskeidelik 19 en 24 jaar oud, is Maandagmiddag op ’n aanklag van brandstigting in hegtenis geneem.

Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van ’n 18-jarige man in verband met die voorval gelei.

Die polisie se ondersoek dui tans daarop dat die voorval bendeverwant is. Die drie verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Port Elizabeth voorkom.

Meer oor:  Bethelsdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.