Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas oor bakkie vol gesteelde koperkabels

Die polisie op Brits het Woensdag drie verdagtes vasgetrek wat sowat R60 000 se koperkabels gesteel het.

Luidens ’n verklaring deur die polisie is die verdagtes se voertuig, ’n swart Nissan Navara, op die N4-pad tussen Brits en Marikana opgemerk.

Die polisie op Brits het meer as R60 000 se koper by drie verdagtes gevind. Foto: Verskaf
Die drie verdagtes het koperkabels, koperpype en ander kopertoebehore by die verdagtes gevind. Foto: Verskaf
Die Nissan-bakkie waarin die drie verdagtes ná ’n jaagtog vasgekeer is. Foto: Verskaf

Die verdagtes is glo omstreeks 12:00 ná ’n jaagtog vasgekeer en na die Mooinooi-polisiekantoor geneem om deursoek te word. Buiten vir die koperkabels is koperpype, ander kopertoebehore en ’n sak vol herwonne blikkies gevind.

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die koperware by ’n myn se woongeriewe gesteel is.

Die drie mans is onderskeidelik 31, 35 en 37 jaar oud en sal op 13 Augustus in die landdroshof op Brits verskyn.

Hulle sal op aanklagte van diefstal, die besit van gesteelde goedere en die opsetlike peutering met noodsaaklike infrastruktuur teregstaan.

Genl.maj. Modisagaarekwe Mosimanegape, bevelvoerder van die Brits-kluster, het die polisie in die gebied geloof vir hulle optrede en die inhegtenisnemings.

Meer oor:  Brits  |  Koperkabels  |  Kabeldiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.