Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas oor hulle glo onwettig visvang

Drie mans is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering onwettig met spannette visgevang het in die Helderberg-marienebeskermingsgebied in Valsbaai.

Die Kaapstad-metro se mariene- en omgewingseenheid het die mans, wat almal van Macassar is, in hegtenis geneem. Die beskermingsgebied val onder die beheer van die metro.

Twee van die verdagtes is 31 jaar oud en die derde een is 29 jaar oud. Hulle is na bewering in besit betrap van galjoen, harder, steenbras en baardman.

Die galjoen, harder, steenbras en baardman wat Maandag by verdagtes in Valsbaai gevind is. Foto: Verskaf

Luidens ’n verklaring was van die visse ondergewig.

Daar is ook op visvangtoerusting beslag gelê.

In nog ’n voorval het die mariene- en omgewingseenheid, saam met natuurbewaarders van die Tafelberg Nasionale Park, Sondag tydens ’n roetinepatrollie afgekom op mense wat glo besig was om kreef in ’n boot te laai.

Die boot was in die beskermde gebied tussen Houtbaai en Kommetjie net onder Chapmanspiek. Toe die verdagtes die beamptes gewaar, het hulle na bewering die kreef oorboord gegooi en in die rigting van die Houtbaaihawe gevlug.

Die boot waarop beamptes in die Houtbaaihawe beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die beamptes het agter hulle aan gejaag tot in die hawe, waar die verdagtes van die boot gespring en te voet deur die parkeerterrein gevlug het.

Die beamptes het beslag gelê op die boot, wat nog geluier het, en ook op etlike suurstoftenks in die boot. Hulle het die boot oor die water na Simonstad gesleep.

Omstanders het klippe na hulle gegooi toe hulle die hawe met die boot op sleeptou verlaat.

Meer oor:  Valsbaai  |  Aangekeer  |  Visvang  |  Onwettig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.