Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas ure ná plaasaanval

Drie vermeende plaasaanvallers verskyn binnekort in die hof nadat hulle na bewering ’n egpaar op hul plaas buite Tweeling in die Vrystaat aangeval en beroof het.

Die 50-jarige vrou is Dinsdagaand erg aangerand en na ’n hospitaal in Heilbron geneem. Haar 59-jarige man is ongedeerd.

Aanvallers, gewapen met messe, het omstreeks 22:00 op die egpaar toegeslaan en hulle vasgebind. Hulle het talle items geroof en weggekom.

Die gesteelde items wat die polisie teruggevind het toe hulle drie vermeende plaasaanvallers vasgetrek het.

Al drie verdagtes is Woensdag aangekeer. Die polisie het omstreeks 13:00 die eerste twee aangekeer toe hulle verdagte mans op die R711-pad tussen Fouriesburg en Clarens opgemerk het.

Toe die polisie hulle deursoek, het hulle glo twee vuurwapens, ammunisie, skoene, ’n horlosie, ’n mes, selfone, kontant en ’n selfoonlaaier, by die mans gekry.

Al die items is vermoedelik in die plaasaanval geroof.

’n Derde man is later die aand in Warden opgespoor met skoene wat glo ook in die plaasaanval geroof is.

Die mans sal eers op aanklagte van die besit van gesteelde goedere in die landdroshof op Fouriesburg verskyn voordat hulle na Frankfort oorgeplaas sal word en volgende week in verband met die plaasaanval in die hof sal verskyn.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.