Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas vir moord op beamptes wat raadslid beskerm

Drie mense is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op twee metropolisielede wat Maandagaand doodgeskiet is terwyl hulle ’n raadslids van Phoenix, KwaZulu-Natal, opgepas het.

News24 het berig supt. Parboo Sewpersad, metropolisie-woordvoerder, het die inhegtenisnemings bevestig.

“Die drie verdagtes is in die KwaMashu-gebied aangekeer. Ons het ook vuurwapens gekry.”

Die twee beamptes, ’n man en vrou geklee in uniform, was aan diens buite die huis van Sthe Zulu, raadslid in Wyk 52 in Bhambayi, Phoenix, toe hulle deur twee mans genader is, luidens ’n verklaring deur die eThekwini-munisipaliteit.

“Die twee het die beamptes se vuurwapens geëis waarna hulle die beamptes doodgeskiet het.”

Fawzia Peer, die stad se onderburgemeester, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Om ’n wetstoepassingsbeampte dood te maak is gelykstaande aan hoogverraad en diegene wat die staat so ondermyn, moet swaar gestraf word,” sê sy in die verklaring.

Meer oor:  Durban  |  Phoenix  |  Doodgeskiet  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.