Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas vir moord op Kaapse prokureur

Die polisie se teenbende-eenheid in die Wes-Kaap het Donderdag drie verdagtes (24, 30 en 35) in hegtenis geneem wat na bewering by die dood van David Mbazwana (38), ’n prokureur van Khayelitsha, betrokke was.

Die dwelms en vuurwapens wat die Wes-Kaapse polisie by drie mans gevind het wat van die moord op ’n prokureur verdink word.Foto: Verskaf

Soos vroeër berig, is hy Sondag omstreeks 14:00 voor ’n sakeonderneming in die Eiland-informele nedersetting in Makhaza geskiet. Hy is op pad na die hospitaal dood.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie het dadelik ’n grootskaalse soektog begin en ’n deurbraak gemaak toe hulle die verdagtes en ’n CZ 75- semi-outomatiese pistool, waarvan die reeksnommer verwyder is, en 12 patrone gevind het.

“Die polisie het ook 17 patrone van verskillende kaliber asook ses pakke tik en 36 Mandrax-tablette gevind.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die hof in Khayelitsha verskyn. Twee van hulle word van die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en dwelms aangekla en een van die onwettige besit van ammunisie en dwelms.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het sy lede bedank en met die deurbraak gelukgewens. Jula het die sinlose moorde in gemeenskappe veroordeel.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Khayelitsha  |  Prokureur  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.