Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas wat Ghosn help ontsnap

Amerika het ’n voormalige spesmag-soldaat en sy seun in hegtenis geneem omdat hulle die onteerde grootbaas van Nissan, Carlos Ghosn, gehelp het om uit Japan te ontsnap.

Carlos GhosnFoto: Getty Images

Michael Taylor (59) en sy seun, Peter (27), is Woensdag in Harvard, Massachussetts, aangekeer.

Hulle is deur Japan gesoek nadat hulle Ghosn verlede jaar gehelp het om uit die hotel waar hy in Tokio gewoon het na Libanon te ontsnap. Dit is sy geboorteland.

Amerikaanse geregsdienaars het toegeslaan op die Taylors, asook op ’n derde man, George-Antoine Zayek, nadat hulle gehoor het Taylor jr. het vir Woensdag ’n vlug na Libanon bespreek.

Ghosn is in Japan van massiewe bedrog en die misbruik van maatskappygeld aangekla en op borgtog vrygelaat.

Volgens aanklaers het Peter Taylor die dag voor sy ontsnapping op 29 Desember daarheen gevlieg en die ander twee mans ’n dag later. Hulle het hom uit die hotel gesmokkel in ’n groot swart krat wat hulle voorgegee het vir musiektoerusting was van die orkes wat die vorige aand daar opgetree het. Hy het met ’n private huurvlug na Turkye gevlieg en van daar na Libanon.

Die mans het Woensdag in oranje oorpakke en met gesigmaskers oor ’n videoskakel voor ’n federale regter verskyn. – Reuters

Meer oor:  Carlos Ghosn  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.