Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas wat glo onwettig krag verkoop

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad in Mpumalanga het Donderdag ná ’n maande lange geheime operasie drie mense in hegtenis geneem wat glo met Eskom-koopbewyse vir voorafbetaalde elektrisiteit gesmous het.

Kapt. Lloyd Ramovha, Valke-woordvoerder, sê ’n multidissiplinêre taakspan het reeds verlede jaar onder die vaandel van Operasie Mahala die sindikaat begin infiltreer nadat ’n fluitjieblaser inligting gedeel het.

Die span, onder wie forensiese ondersoekers van Eskom, het die verdagtes se transaksies deeglik gemonitor. Die owerhede het uiteindelik vandeesweek in die omgewing van Middelburg toegeslaan.

Die verdagtes, ’n man en twee vroue van tussen 36 en 46 jaar oud, sal na verwagting in die volgende week op aanklagte van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die landdroshof in Tweefontein en in Siyabuswa verskyn.

Volgens Ramovha het ondersoekers ook beslag gelê op dagboeke met “klante” se besonderhede, asook nommers vir kragmeters van mense wat vermoedelik bereid sou wees om onwettig krag by hulle te koop.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, verwelkom die inhegtenisnemings en vra mense om nie elektrisiteit by misdadigers te koop nie. Lebeya sê sulke gedrag skep ’n klimaat van wetteloosheid in die land en het ’n baie negatiewe impak op Eskom se vermoë om krag te verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.