Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vas weens dagga-laboratorium in Noordwes
Die drie verdagtes wat by die daggalaboratorium op Assen in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Die Valke en die polisie se honde-eenheid in Noordwes het Donderdag op ’n daggalaboratorium op Assen toegeslaan en beslag gelê op R1,2 miljoen se dagga.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, is die vonds ontdek nadat die polisie ’n wenk ontvang het. “Die lede het afgekom op ’n ten volle toegeruste daggalaboratorium en kweekhuis toe hulle gaan ondersoek instel het op die perseel op Assen.”

Die daggakweekhuis.Foto: Verskaf

Die Valke het die laboratorium daar en dan toegemaak. Volgens Rikhotso was daar sowat 148 daggaplante in die kweekhuis. 24 sakke verwerkte dagga is in ’n lugverkoelde vertrek gevind. “Daar is ook sakke vol dagga elders in die huis en selfs in die plafon gevind.”

Drie verdagtes tussen die ouderdom van 28 en 49 jaar is in hegtenis geneem. Rikhotso sê dit het tydens die voorlopige ondersoek aan die lig gekom dat die hoofverdagte moontlik ook met ander daggahandelsake verbind word en dat dié persoon ongewens in Suid-Afrika is. Hy is ’n buitelander.

Van die sakke vol verwerkte dagga waarop die Valke in Noordwes beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Brits verskyn op aanklagte van die kweek van en handeldrywing in dagga.

Die Valke het vroeër vandeesmaand op ’n ander daggalaboratorium in Brits toegeslaan en daar beslag gelê op 500 kg se dagga ter waarde van sowat R3 miljoen. ’n Verdagte het reeds in die hof verskyn in verband hiermee.

Van die sakke vol verwerkte dagga en ander goedere waarop die Valke in ’n daggalaboratorium op Assen in Noordwes afgekom het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Noordwes  |  Daggalaboratorium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.