Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vermeende inbrekers in Noordwes doodgeslaan

Die polisie in Noordwes is vasberade om ’n groep van sowat 70 mense wat glo drie vermeende inbrekers doodgeslaan het, vas te trek.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in die provinsie, sê in ’n mediaverklaring die voorval het Maandag op ’n sportveld in Hebron naby Ga-Rankuwa gebeur.

“Die polisie is omstreeks 05:00 na die toneel ontbied. Nagenoeg 70 gemeenskapslede het na bewering drie mans tussen 20 en 25 jaar oud daar vermoor. Die drie is daarvan verdink dat hulle betrokke was by inbrake in die Kagisanong-township in die omgewing.”

Die verdagtes is glo by hul huise gaan haal en na die sportveld in Kagisanong geneem. Daar is hulle glo met verskillende voorwerpe aangerand. Hulle is ernstig beseer en op die toneel dood verklaar, sê Mokgwabone.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het die voorval van boendoegeweld ten sterkste veroordeel.

“Dis onaanvaarbaar om die reg in eie hande te neem. Ons sal dit nie duld nie. Die polisie werk hard om die verdagtes aan te keer.”

Meer oor:  Inbrekers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.