Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vermeende korrupte padvalke in hof
’n Verdagte wat deur die Valke op ’n aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem is. Foto: Valke

Drie verkeersbeamptes het Dinsdag op aanklagte van korrupsie, diefstal en regsverydeling in verskillende landdroshowe in Limpopo verskyn.

Nege ander verkeersbeamptes sal volgens Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), eersdaags in die hof verskyn op soortgelyke aanklagte.

“Hulle is in hegtenis geneem ná maande van intensiewe insameling van inligting en waarneming vir hul betrokkenheid in onetiese en korrupte aktiwiteite,” het Zwane gesê.

Volgens hom kom dié aanklagte nadat die RTMC se antikorrupsie-eenheid verlede jaar in samewerking met die Valke op 20 mense, wat verkeersbeamptes, lisensiekantoor-personeel en burgerlikes insluit, in Tzaneen en die Groter Letaba-gebied toegeslaan het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.