Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende plaasaanvallers vas ná skietery

Drie vermeende plaasaanvallers is ná ’n oor-en-weer-skietery met die polisie op die N1 in Polokwane in hegtenis geneem. Een van die mans is gewond.

Daar word vermoed dat die mans vroeg Woensdagoggend by ’n aanval op ’n plaas in die Dendron-distrik in Limpopo betrokke was.

’n Boer en sy vrou is omstreeks 01:30 in hul plaashuis oorrompel. Die boer is ernstig aangerand en die vrou is geskiet.

Die drie mans het in die boer se wit Nissan Navara-bakkie en met vuurwapens gevlug.

Twee mans wat glo ’n boer en sy vrou op ’n plaas in die Dendron-distrik in Limpopo aangeval het, is in Polokwane in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, sê dit is nog nie duidelik hoe die egpaar hulp ontbied het nie. Hulle is intussen in ’n hospitaal in Polokwane opgeneem.

Blitsvinnige optrede van plaaswagte in die gebied, in samewerking met die polisie, het tot die inhegtenisneming naby Builders Warehouse langs die N1 in Polokwane gelei.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

mljason
Die bloedbesmeerde vloer van ‘n plaashuis in die Dendron-distrik in Limpopo waar ‘n boer en sy vrou vroeg Woensdagoggend aangeval is. Foto: SPS HIGH RISK UNIT


Meer oor:  Polokwane  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.