Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 vroue van Upington uit kloue van sindikaat gered

Die Valke het Saterdag drie vroue van Upington uit die kloue van ’n mensehandelsindikaat gered.

’n Man (29) is in hegtenis geneem en sal Maandag op aanklagte van mensehandel in die landdroshof in Upington verskyn.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, het Sondag bevestig die man is Saterdag ná ’n ondersoek in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem. Die polisie het ook op selfone en ’n onbekende kontantbedrag beslag gelê.

Die vroue, wat tussen 19 en 24 jaar oud is, is na bewering van Upington na Sandton gelok en vir prostitusie misbruik.

Mnisi sê die vroue is gered nadat die polisie klagtes ontvang het oor ’n woonstel in Sandton wat as ’n bordeel gebruik word.

Emmanuel Uzoaga (33) is vroeër op dieselfde aanklagte in hegtenis geneem, en sal saam met die 24-jarige verdagte in die hof verskyn.

Stanley Peterson, leier van die Khoisan-revolusieparty, het Sondag ’n beroep op inwoners van Upington gedoen om na die hof op te ruk.

Stanley Peterson
Stanley Peterson, leier van die Khoisan-revolusieparty. Foto: Emile Hendriks

“Ons waarsku al lank oor mensehandel deur sindikate en hier het dit nou gebeur. Ons wil die Valke bedank en die slagoffers ondersteun,” het Peterson Sondag gesê.

Peterson is ook ’n kampvegter teen dwelm- en mensehandel en sê Upington is een van die grootste dwelmsentrums in die land.

“Niemand word hier aangekeer nie. Dit is ’n groot bron van kommer.”

Hy het ’n beroep op die polisie gedoen om sindikate in Upington behoorlik te ondersoek.

Meer oor:  Upington  |  Valke  |  Sindikaat  |  Mensehandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.