Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 wagte beseer in transitoroof
Die voertuig waarop die rowers toegeslaan het. Foto: ER24

Drie sekuriteitswagte is Woensdag in ’n transitoroof tussen Msinga en Greytown in KwaZulu-Natal beseer.

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die voertuig was van Msinga na Greytown op pad toe ’n groep onbekende mans om 15:30 daarop toegeslaan het.

Die sekuriteitswagte het vroeër kontant by die Msinga-winkelsentrum opgelaai, sê hy.

“Die rowers het met vuurwapens op die voertuig losgebrand en die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor.”

Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het die voertuig langs die pad omgeslaan.

Naidoo sê die verdagtes het plofstof gebruik om toegang tot die voertuig te kry.

“Hulle het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.”

Die drie sekuriteitswagte is na die hospitaal geneem.

Lees ook hier.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Transitoroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.