Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 werkers op kleinhoewe aangeval

Drie werkers van ’n kleinhoewe is Dinsdagnag of Woensdagoggend vroeg in twee afsonderlike voorvalle in Lusthof, noord van Pretoria, aangeval en beroof.

Een van die mans se vrou is ook ontvoer.

Sy is later Woensdagoggend in die bosse naby Hammanskraal gevind waar die aanvallers haar gelos het. Die vermoede bestaan dat hulle haar daar gelos het toe hulle die ligte sien van Juan du Plessis van GCA-Risk Solution-veiligheidsmaatskappy wat hul spore gevolg het.

Du Plessis sê die aanvallers het in albei gevalle die werkers met vuurwapens gedreig om inligting oor die inwoners van die hoofhuis te kry.

Die werkers het geweier.

“Die rowers het omstreeks middernag by die een werker se houthuis ingebreek en hom met vuurwapens gedreig.

“Toe hulle nie inligting uit hom kon kry het nie, het een van die rowers by hom agtergebly, terwyl die ander na ’n kleinhoewe verder in die pad af is.

“Hierdie werker en sy vrou is ook met vuurwapens gedreig. Die man is vasgebind, maar het begin skree toe hulle sy vrou saamvat.

“Die rowers het geskiet, maar die werker gemis,” sê Du Plessis.

Sy maatskappy is ontbied, waarna hulle die spore begin volg en die verwese vrou in die veld gekry het.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Pretoria  |  Aangeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.