Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 wou glo gesteelde duikpakke van menseredders verkoop

Drie vermeende diewe is Vrydag betrap toe hulle vermoedelik gesteelde goedere aan ’n tweedehandswinkel in Oos-Londen wou verkoop.

Volgens Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, het die mans probeer om ontslae te raak van die goedere wat hulle glo dieselfde dag by die Nahoon-mensereddersklub gesteel het.

Duikpakke, fietse, branderplanke en afskrikmiddels wat teen haaie gebruik word, is uit die klub gesteel.

Van die vermoedelik gesteelde goedere wat die polisie in Oos-Londen teruggekry het.

Die Cambridge-polisie se ondersoek het hulle na ’n woonstel in Quigney gelei, waar nog van die goedere gevind is en nog drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Die verdagtes, wat tussen 29 en 37 jaar oud is, sal binnekort op aanklagte van diefstal en die besit van gesteelde goedere in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Dean Knox, bestuurder van die klub, sê hy is baie bly die polisie het die goedere teruggevind.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Gesteelde Goedere  |  Duikpakke  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.