Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
30 brandpunte: Vroue en kinders verkeer híér die meeste in gevaar

In ’n poging om dit te pak wat Bheki Cele, minister van polisie, as die “tweede pandemie” beskryf, het die regering die top 30-brandpunte vir geslagsgeweld geïdentifiseer.

“Die lys is saamgestel uit nege kernveranderlikes, insluitend die aantal gevalle wat in die afgelope boekjaar by die polisie aangemeld is,” het Cele Dinsdag op ’n mediakonferensie oor vlak 1-inperkingmaatreëls gesê.

Die gevalle wat oorweeg is, sluit onder meer verkragting, mensehandel vir seksuele misdade en ontvoering vir seksuele misdade in.

Bheki Cele Foto: Argief

Syfers vir gesinsgeweld wat moord, verkragting, poging tot moord en aanranding insluit is ook oorweeg toe die lys geskep is.

“Die lys brandpunte sluit ook agt ander veranderlikes in, soos oproepe wat verband hou met gesins- en gendergeweld.

“Data van slagoffer-ondersteuningsdienste is ook ingesluit, soos Thuthuzela-sentrums, gesondheidsgeriewe en inligting van ander departemente wat die prentjie van geslagsgeweld in ’n sekere gebied inkleur,” het Cele gesê.

Die polisie het agt brandpunte in die Wes-Kaap en agt in Gauteng geïdentifiseer. In KwaZulu-Natal is sewe en die Oos-Kaap vier brandpunte. Die Vrystaat het twee en Noordwes een van die top 30-brandpunte. Nie een van die brandpunte is in Mpumalanga, Limpopo of die Noord-Kaap nie.

Die top 30-brandpunte is:

1. Delft – Wes-Kaap

2. Mamelodi-Oos – Gauteng

3. Tembisa – Gauteng

4. Umlazi – KZN

5. Empangeni – KZN

6. Nyanga – Wes-Kaap

7. Inanda – KZN

8. Temba – Gauteng

9. Khayelitsha – Wes-Kaap

10. Kwazakhele – Oos-Kaap

11. Alexandra – Oos-Kaap

12. Moroka – Gauteng

13. Mthatha – Oos-Kaap

14. Mfuleni – Wes-Kaap

15. Plessislaer – KZN

16. Dobsonville – Gauteng

17. Bloemspruit – Vrystaat

18. Diepsloot – Gauteng

19. Mitchells Plein – Wes-Kaap

20. Ikageng – Noordwes

21. Osizweni – KZN

22. KwaMashu – KZN

23. Ntuzuma – KZN

24. Kopanong – Vrystaat

25. Honeydew – Gauteng

26. Kraaifontein – Wes-Kaap

27. Guguletu – Wes-Kaap

28. Orange Farm – Gauteng

29. Butterworth – Oos-Kaap

30. Bellville – Wes-Kaap

Cele sê dié soort geweld bly ’n prioriteitsmisdaad vir die polisie.

Volgehoue bewusmaking en veldtogte sal voorkeur geniet.

Hy het gesê dit moenie beperk wees tot die brandpunte nie, maar die norm wees by al die polisiestasies.

Die medium- tot langtermyndoelwit gaan wees om die agterstand van geslagsgeweldgevalle te pak en om sake te hersien wat doodgeloop het weens ’n gebrek aan leidrade.

Hy het ook gesê hoewel die polisie alleen nie “die land van dié boosheid” sal kan red nie, sal dit sy reaksie op geslagsgeweld versterk.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Geslagsgeweld  |  Gendergeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.