Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
31 gevangenes ontsnap op pad na hof in KZN
Dié polisie-vervoerwa wat 45 verhoorafwagtende gevangenes na die landdroshof in Pietermaritzburg vervoer het, is Woensdagoggend deur vyf swaargewapende mans voorgekeer, waarna 31 gevangenes ontsnap het. Foto: Twitter, RIOT & ATTACK info South Africa

Swaargewapende mans het Woensdagoggend glo gehelp met die ontsnapping van 31 verhoorafwagtende gevangenes terwyl hulle na die landdroshof in Pietermaritzburg vervoer is.

Teen Woensdagmiddag het die polisie in KwaZulu-Natal nog na 20 van die ontsnapte gevangenes gesoek.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die voorval het omstreeks 08:00 gebeur terwyl twee polisielede die gevangenes in ’n polisievervoerwa van New Prison na die landdroshof in Pietermaritzburg vervoer het.

Volgens Naicker het ’n dubbelkajuitbakkie die pad versper, waarna vyf swaargewapende mans uitgeklim het.

“Die verdagtes het vuurwapens op die polisielede gerig en die agterkant van die vervoerwa oopgedwing.”

Van die 45 verhoorafwagtende gevangenes het 31 ontsnap.

Naicker ontken gerugte dat skote tydens die voorval afgevuur is.

Op die vraag waarvoor die ontsnapte gevangenes in aanhouding was, het Naicker slegs gesê “verskeie sake”.

Die soektog na die ontsnaptes duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.