Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
31 vas toe metro in Jhb toeslaan op gekaapte geboue

Die polisie het die afgelope week 31 mense in Johannesburg in hegtenis geneem in ’n operasie saam met die Johannesburgse metroraad se departement van forensiese en ondersoekdienste en die metropolisie.

“Klopjagte is Dinsdag gehou by ses geboue wat onwettig in die Johannesburgse middestad uitverhuur word. Dié geboue staan as ‘gekaapte geboue’ bekend en misdaad vier hoogty in die meeste van hulle,” sê Olebogeng Molatlhwa, metro-woordvoerder.

Polisie en metropolisiebeamptes tydens ’n klopjag die afgelope week in die Johannesburgse middestad.Foto: Verskaf

“31 mense, onder wie 29 onwettige immigrante, is aangekeer omdat hulle nie oor die nodige dokumentasie beskik om in die land te mag wees nie. Twee mense is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die landdroshof in Johannesburg verskyn en is in polisieaanhouding,” het Molatlhwa gesê.

Dwelmhandel en prostitusie word in baie gevalle uit hierdie gekaapte geboue bedryf.Foto: Verskaf

Volgens Molatlhwa is gekaapte eiendomme een van Johannesburg se grootste uitdagings.

“Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, sê dit die stryd aan met klopjagte wat gereeld by die gekaapte geboue gehou word,” sê hy.

Sowat 44 van die sowat 643 gekaapte eiendomme in die stad is reeds aan hul regmatige eienaars terugbesorg.

“Dwelmhandel en prostitusie word dikwels uit die gekaapte geboue bedryf. Dit gebeur selfs nadat die eienaars lasbriewe vir uitsetting bekom dat hulle nie die mense uit die geboue kan kry nie. Wanneer die onwettige inwoners gearresteer word, kry die eienaar weer beheer oor hul eiendom.

“Dikwels slaag die stad egter nie daarin om die regmatige eienaars van geboue op te spoor nie. In sulke gevalle onteien die stad die geboue in die hoop dat beleggers weer daarin sal belang stel.”

Volgens hom gaan klopjagte by gekaapte geboue in die toekoms verskerp word. “Die wetteloosheid in die middestad word al geruime tyd deur misdadigers uitgebuit en dit is hoog tyd dat die metro ’n stokkie voor dié aktiwiteite steek,” het Molatlhwa gesê.

Een van die sowat 643 eiendomme in Johannesburg wat gekaap is. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.