Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
32 beamptes van toetssentrums in Limpopo agter tralies
Die Valke in Limpopo neem ’n man in hegtenis wat glo vervalste padwaardigheidsertifikate vir voertuie uitgereik het.Foto: VERSKAF

Altesame 32 amptenare van die departement van vervoer in Limpopo wat glo vervalste padwaardigheidsertifikate vir voertuie uitgereik het, is agter tralies.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê die inhegtenisnemings is deel van Operasie Corolla, waarin bedrog en korrupsie by voertuigtoetsstasies in die provinsie ondersoek word.

Maluleke sê 18 amptenare van die departement van vervoer is Donderdag in Polokwane in hegtenis geneem.

Hulle het glo herhaaldelik die identiteitsbesonderhede gebruik van niksvermoedende mense om padwaardigheidsertifikate vir onpadwaardige voertuie wat na die toetsstasies geneem is, uit te reik.

Dickson Masemola, LUR vir vervoer en veiligheid in Limpopo, en adv. Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie, sê die provinsie se paaie sal veiliger wees as die talle onpadwaardige voertuie van die pad verwyder word.

Donderdag se inhegtenisnemings kom nadat die Valke Maandag reeds vier amptenare in Lephalale aangekeer het. Drie van die vier mans was op borgtog uit nadat hulle in April weens dieselfde beweerde misdrywe in hegtenis geneem is.

Maluleke sê tien amptenare van die vervoerdepartement is Woensdag as deel van Operasie Corolla in Marble Hall in hegtenis geneem.

Al 32 mans sal eersdaags in die landdroshowe in onderskeidelik Marble Hall, Lephalale en Polokwane op aanklagte van bedrog verskyn.

Meer oor:  Valke  |  Limpopo  |  Misdaad  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.