Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
38 klagte teen polisie in week 1 van inperking

Altesaam 38 klagte, waaronder vir moord, verkragting en aanranding, is in die eerste week van die staat van inperking teen die polisie aanhangig gemaak.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Vrydag die besonderhede oor die klagte bekendgemaak. Verskeie klagte is teen polisielede in al die provinsies behalwe Noordwes ingedien.

Die meeste klagte kom uit Gauteng waar 14 voorvalle al aangemeld is. Dit sluit in twee sterftes weens polisieoptrede, drie aanrandings, die afvuur van vuurwapens en korrupsie.

Vyf voorvalle is in KwaZulu-Natal aangemeld, waaronder twee sterftes weens polisieoptrede, aanranding en korrupsie.

Twee sterftes weens polisieoptrede en ’n verkragting deur ’n polisielid is in die Wes-Kaap aangemeld.

Verskeie klagte van aanranding en die afvuur van vuurwapens is in die Oos-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga ingedien.

“Die senior bestuur van sowel die polisie as die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), moet die bewerings van magsmisbruik dringend ondersoek, regstellende maatreëls instel teen diegene wat oortree het en strategieë in plek stel om soortgelyke voorvalle te voorkom.

In Limpopo is twee sterftes in polisieaanhouding aangemeld.

In die Noord-Kaap is een klag oor die afvuur van ’n vuurwapen ingedien.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die polisie, en Cyril Xaba, voorsitter van die portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane, het hul kommer uitgespreek oor verskeie berigte dat die veiligheidsmagte hul mag misbruik.

Die komitees het pres. Cyril Ramaphosa se beroep beklemtoon dat die polisie en weermag hul werk met deernis en binne die riglyne van die wet moet doen.

“Die senior bestuur van sowel die polisie as die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), moet die bewerings van magsmisbruik dringend ondersoek, regstellende maatreëls instel teen diegene wat oortree het en strategieë in plek stel om soortgelyke voorvalle te voorkom.”

Ten spyte van die voorvalle is die polisie en weermag geloof vir hul opoffering en toewyding tydens die staat van inperking.

Die komitees het Suid-Afrikaners se samewerking met die nakoming van die reëls van die inperking gevra.

“ ’n Gesamentlike poging tussen gemeenskappe, die weermag en die polisie sal ons bemagtig om die siekte te verslaan. Die enigste manier om die virus te oorwin, is om al die regulasies soos uiteengesit deur die regering na te kom, asook om die Wêreldgesondheidsorganisasie se voorgestelde protokol te volg,” sê Xaba.

Lede van die publiek kan klagte teen die weermag by die militêre ombudsman se kantoor indien. Die kantoor kan by intake@milombud.org of op WhatsApp by 012 676 3800 gekontak word.

Klagte teen die polisie kan by Opod ingedien word.

Joemat-Pettersson het weer beklemtoon gemeenskapspolisiëringsforums word nie tans as nooddienste geklassifiseer nie.

“Lede van ’n GPF verdien vermelding vir hul bereidwilligheid om die veiligheidsmagte by te staan, maar ons moet beklemtoon dat die regulasies oor die land heen sonder uitsondering toegepas moet word.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Polisie  |  Inperking  |  Covid-19  |  Inhegtenisnemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.