Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3de lyk by Jamestown gekry

’n Derde lyk is Maandag omstreeks 09:00 in die digte bosse naby Die Bungalows, ’n woonbuurt by Jamestown, Stellenbosch, gekry.

Die eerste lyk, dié van Nelson Madolo (67), is op 16 Julie in die gebied gekry. Sy nek was gebreek en hy is volgens ’n lykskouing vermoedelik deur ’n roofdier aangeval.

Die tweede lyk, dié van ’n onbekende 68-jarige man, is op 1 Augustus in dieselfde bosse gevind. Die oorsaak van die man se dood is nog nie bekend nie, maar hy is vermoedelik ook deur ’n roofdier aangeval.

Die derde man is, na verneem word, ook doodgebyt. Sy naam is bekend, maar kan nog nie bekend gemaak word nie omdat sy naasbestaandes nog nie ingelig is nie.

Madolo is op 15 Julie laas lewend gesien toe hy die Maandag voor 08:00 vuurmaakhout in die bosse gaan soek het.

Die tweede man se familie het hom die Dinsdag voordat sy lyk gekry is, as vermis aangemeld. Inwoners was toe bekommerd dat ’n luiperd of ander roofdier verantwoordelik kan wees vir die sterftes.

Die omgewingskundige Dave Pepler het vroeër gesê dat hy deur die polisie gekontak is om te help om die dierespore te identifiseer. Volgens hom is dit nie duidelik watter soort dier dit is nie, maar hy het bevestig dat daar luiperds in die berge by Stellenbosch is.

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die omstandighede waarin die 67-jarige man se lyk Maandagoggend gevind is, word ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Hy het ’n versoek aan die publiek gerig dat mense met inligting oor die voorval die Stellenbosse polisie by 021 8095 061 of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.