Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 betogers in PE in hegtenis geneem

Die polisie het Donderdag vier mense wat aan ’n betoging in Port Elizabeth deelgeneem het vir openbare geweld en die beskadiging van infrastruktuur in hegtenis geneem.

Die polisie het Donderdag ingegryp nadat ’n groep van sowat 150 betogers vroegoggend ’n deel van die R334 naby Motherwell met brandende buitebande versper en motors met klippe bestook het.

Betogers versper Donderdagoggend ’n deel van die R334 met klippe en brande buitebande. Foto: Lulama Zenzile

Twee mans, onderskeidelik 28 en 35 jaar oud, en twee vroue, onderskeidelik 34 en 35 jaar oud, is aangekeer.

Die pad was van 05:00 tot omstreeks 11:00 van die eerste plakkershutte in die NU-29-woonbuurt tot by die kruising van die R335 vir verkeer gesluit.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die polisie het van rubberkoeëls en skokgranate gebruik gemaak om die skare te verdryf.

’n Man, wat nie genoem wil word nie, het aan Netwerk24 gesê twee vroue is Donderdag tydens die betoging met lewendige ammunisie deur die polisie geskiet.

Die vroue sou later Donderdagmiddag glo ’n saak by die polisie aanhangig maak.

Een van die betogers slinger ’n klip in die rigting van die polisie. Foto: Lulama Zenzile
Betogers het buitebande op ’n deel van die R334 aan die brand gesteek om die pad te versper. Foto: Lulama Zenzile

Beetge het egter die aantygings ontken en sê slegs rubberkoeëls is gebruik.

Geen saak wat met só voorval verband hou, is teen Donderdagmiddag ontvang nie, sê Beetge.

Hy sê mense word aangemoedig om die wonde vir die polisie te wys en sake aanhangig te maak. ”

Na verneem word spruit die betoging uit eise vir elektrisiteit vir inwoners se plakkershutte.

Volgens een van die betogers, wat nie genoem wil word nie, het hulle Donderdag ’n versoek gerig om met Mongameli Bobani, Nelson Mandelabaai-metro se burgemeester, te ontmoet. Hulle is later deur ’n plaaslike raadslid ingelig dat Bobani uitstedig is.

Bobani het in Februarie die gebied besoek om na betogers se griewe te luister. Hy het met die besoek elektrisiteit en water vir plakkershutte in verskeie informele nedersettings in die gebied belowe.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Betoging  |  Betogers  |  Openbare Geweld  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.