Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 dood, 1 beseer in skietery in Crossroads

Vier mans is doodgeskiet en ’n vyfde ernstig beseer in ’n verbyry-skietery in Old Crossroads.

Brig. Novela Potelwa sê die vyf mans was almal in hul vroeë 30’s en het Sondagaand voor ’n huis in Noxolostraat gesit toe ’n wit Volkswagen-motor daar aankom en die drie insittendes op hulle begin skiet voordat hulle weer weggejaag het.

“Een persoon is op die toneel dood en drie is later in die hospitaal dood. ’n Vyfde persoon is nog in die hospitaal.

Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-gemeenskapspolisiëringsforum, sê inwoners is keelvol vir die geweld wat nou handuit ruk.

“Ons is raadop, geweldsmisdaad gaan onverpoos voort en die polisie kry nie die misdadigers vasgevat nie.”

Volgens Makasi weet niemand hoekom hulle geteiken is nie.

Ons wag nog op antwoorde oor daardie voorval en nou sit ons met nog ’n dodelike skietery.

“Taxi- en bendegeweld kom volop voor in ons gebied en ons weet nie wat presies Sondagaand gebeur het nie. Wat ons wel weet, is dat vier mense in ’n oogwink doodgeskiet is, blykbaar sonder enige duidelike rede.

“Mense kla al dekades lank oor die geweld en hoë misdaadsyfer. En hulle pleit vir meer hulpbronne met polisiëring, maar niks gebeur nie. Dit is net eenvoudig misdadig dat daar nie daadwerklike optrede teen die misdadige elemente in ons midde is nie,” sê Makasi

Makasi sê die gemeenskap is keelvol vir beloftes wat nooit op iets uitloop nie.

“Die owerhede speel speletjies met ons lewe terwyl mense op straat doodgaan.”

Hy sê die skietery volg kort ná nog ’n dodelike aanval in Philippi waar ses mense vroeër doodgeskiet is.

“Ons wag nog op antwoorde oor daardie voorval en nou sit ons met nog ’n dodelike skietery.”

Nyanga-speurders het die hulp van die publiek gevra om die saak op te los.

Mense met inligting word versoek om die polisie se Stopmisdaadnommer, 08600 10111, te skakel of om die MySAPS-app te gebruik.

Meer oor:  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.