Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 dood, 5 kritiek beseer ná skare hulle aan die brand steek

Vier mans is dood en vyf ernstig beseer toe inwoners van die Zandspruit- informele nedersetting in Honeydew, Johannesburg, hulle Woensdagoggend aan die brand gesteek het.

Volgens kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het sowat 200 inwoners van die nedersetting omstreeks 02:00 na die mans gaan soek wat na bewering mense in die gebied besteel het.

“Nege mans van tussen die ouderdomme van 20 tot 30 is na die plaaslike sportterrein geneem, waar hulle aangerand en aan die brand gesteek is. Vier is dood en vyf is met ernstige beserings in ’n hospitaal opgeneem. Forensiese kundiges fynkam die gebied vir leidrade,” het Makhubela gesê.

Die sportterrein in Zandspruit waar nege mans Woensdagoggend vroeg aan die brand gesteek is. Foto: Ntwaagae Seleka/News24

Aanklagte van moord en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 het omstreeks 08:00 by die toneel opgedaag. Die nege mans was vasgebind en is naby ’n smeulende buiteband aangetref. ’n Groep mense van die omgewing het daar saamgedrom.

“Die mans het ernstige brandwonde opgedoen. Vier was reeds dood. Vyf ander is in ’n kritieke toestand na die hospitaal geneem,” het hy gesê.

Meer oor:  Honeydew  |  Kritiek  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.