Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 dood toe rowers, polisie by bakkery op mekaar skiet

'n Polisielid is Maandagoggend tydens 'n rooftog by 'n bakkery in Port Elizabeth raakgeskiet en vier rowers is glo doodgeskiet.

Volgens die polisie op die toneel in Rosestraat, Sentraal, is die rowers in die bakkery doodgeskiet.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig een polisielid is raakgeskiet.

rooftog, bakkery, PE
Volgens die polisie op die toneel in Sentraal, Rosestraat, is die rowers binne die bakkery doodgeskiet. Foto: Cara-Lee Dorfling

Hy wou egter nie onmiddellik bevestig of die rowers doodgeskiet is nie. Hy het gesê meer inligting sal later bekend gemaak word.

'n Groep gewapende rowers het Maandagoggend omstreeks 09:00 op die Le Bon-bakkery toegeslaan en glo geld geëis.

rooftog, bakkery, PE
Een polisielid is glo in die been geskiet en na 'n plaaslike hospitaal geneem. Foto: Cara-Lee Dorfling

Volgens ingeligtes op die toneel het 'n werker van die bakkery 'n paniekknoppie gedruk toe die rowers toeslaan.

Die polisie het reageer en die rowers het glo van binne die bakkery op die polisie buite losgebrand.

Een polisielid is glo in die been geskiet en na 'n plaaslike hospitaal geneem.

Een van die rowers het glo weggekom.

rooftog, bakkery, PE
'n Groep gewapende rowers het omstreeks 09:00 Maandagoggend by die Le Bon-bakkery toegeslaan en glo geld geëis. Foto: Cara-Lee Dorfling

Meer oor:  Roof  |  Port Elizabeth  |  Skietery  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.