Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 gesoek ná huisroof in Knysna

Die polisie is op soek na vier rowers wat Maandagaand by ’n huis in Knysna ingebreek het en die vier inwoners oorval het en verskeie waardevolle items soos juweliersware gesteel het.

Die voorval was omstreeks 20:45 in Riostraat in Knysna Heights, het sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Spies het die rowers juweliersware, selfone en ander persoonlike items gesteel en gevlug.

“Die polisie is ontbied en speurders het die toneel vir leidrade gefynkam.”

Van die gesteelde items, asook as ’n rugsak met gereedskap, wat blykbaar gebruik word om by huise in te breek, is in ’n beboste gebied naby die huis gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

’n Buurman het op Facebook geskryf dat die rowers blykbaar ’n palissade-heining gebreek het om toegang tot die erf te kry. Hoewel die huisbewoners geskok is, is hulle glo ongedeerd.

Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke vir die 2019-’20-boekjaar het huisroof in Knysna afgeneem en was daar 21 gevalle teenoor 39 in 2018-’19. Rooftogte by nieresidensiële persele was ook minder (14 teenoor 19 in 2018-’19).

Inbrake by nieresidensiële eiendomme het egter toegeneem en 239 gevalle is teenoor 228 in 2018-’19 aangeteken. Dit geld ook inbrake by residensiële persele (730 teenoor 710 in 2018-’19) en inbrake by motors (418 teenoor 396).

Meer oor:  Knysna  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.