Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 gevaarlike gevangenes ontsnap in Noordwes

Die polisie in Noordwes vra vir inligting wat kan help om vier ontsnapte gevangenes aan te keer.

Die vier mans het Saterdag in die vroeë oggendure in Hartbeesfontein naby Klerksdorp ontsnap.

“Daar is tydens ’n roetine-inspeksie by die polisiekantoor ontdek dat die vier gevangenes ontsnap het. Die polisie is tans besig met ’n interne ondersoek om die omstandighede rondom die ontsnapping te bepaal,” sê kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die vier wat gesoek word is Tebogo Monnamogolo (31) wat in aanhouding was weens huisbraak, Piet Sechele (26) wat agter tralies was weens moord, Tebogo Moloko (28) wat van sakeroof beskuldig is en Ranthati Mothobi (50) wat van verkragting aangekla word.

“Lede van die gemeenskap moenie die ontsnaptes probeer aankeer of konfronteer nie, want hulle kan gevaarlik wees,” voeg Botma by.

Enigiemand met inligting kan die naaste polisiekantoor skakel of kapt. Ananias Moleki bel by 082 416 0780.

Meer oor:  Noordwes  |  Gevangenes  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.