Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 ‘gevaarlike’ rowers ontsnap uit vangwa

Vier veroordeelde rowers het Woensdag buite Polokwane, Limpopo, uit ’n polisievangwa ontsnap toe ’n polisielid glo vir hulle by ’n kafee kos gekoop het.

Die drie Zimbabwiërs en ’n Suid-Afrikaner was agter in ’n polisievangwa op pad van Polokwane na Mokopane.

Daar was nog drie gevangenes in die vangwa, wat nie ontsnap het nie.

Die polisiebeamptes van die Westenburg-polisiekantoor in Polokwane het omstreeks 11:30 by die Eerstegoud-handelshuis, langs die R101-pad op pad na Mokopane, stilgehou om glo vir die sewe mans kos te koop.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê dit is nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar die polisielede is oorrompel.

Een van die polisielede se dienspistool is deur die gevangenes gegryp. Hy is glo gedwing om die deur van die vangwa oop te maak.

Vier van die mans het laat spaander en in die beboste gebied verdwyn.

Mojapelo sê drie gevangenes het in die vangwa bly sit.

Die polisielede het in die harwar hulp ontbied. Plaaslike buurtwaglede en AfriForum het na die gebied gejaag om ook te help om na die vier mans te soek.

Daar is selfs ’n hommeltuig ingespan om met die soektog te help.

John Fine (39) Foto: SAPD
Dennis Hove (39) Foto: SAPD
Figos Madisha (40) Foto: SAPD
Clifford Matonhari (31) Foto: SAPD

Mojapelo sê John Fine (39), Dennis Hove (39) en Clifford Matonhori (31) is Zimbabwiërs. Hulle is in 2019 saam met Figos Madisha (40), ’n Suid-Afrikaner, in hegtenis geneem weens verskeie gewapende rooftogte in die Mokopane-gebied. Hulle is onlangs skuldig bevind en sou Vrydag in die landdroshof in Mokopane gevonnis word.

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiehoof in Limpopo, sê ’n ondersoek sal gedoen word oor of die polisielede wat die gevangenes vervoer het nalatig was.

Mojapelo het die publiek gemaan dat die vier ontsnaptes gevaarlik is.

Enigiemand met inligting kan die Westenburg-polisiekantoor by 082 565 8566 bel.

Meer oor:  Brig. Motlafela Mojapelo  |  Limpopo  |  Polokwane  |  Dienspistool  |  Vangwa  |  Rowers  |  Ontspanning  |  Polisie Oorrompel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.