Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 gou vas ná kaping in Kimberley

Vier verdagtes is Maandag in Colville in Kimberley aangekeer nadat hulle na bewering vroegoggend ’n motor buite die stad gekaap het.

Sers. Dikeledi Masiya, konst. Portia Mpolokeng en konst. Marcelle Botes by die vier verdagtes.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 02:30 gebeur.

“Die slagoffer (54) het ’n vrou ’n saamrygeleentheid gegee en haar in Barklyweg afgelaai. Twee mans het hom genader en met messe gedreig. Hulle het hom van sy grys Polo Vivo beroof en weggery.”

Volgens Gamieldien het die polisielede wat ontbied is dadelik die motor se opsporingstoestel wat geaktiveer was, bestudeer. Die inligting het hulle na ’n huis in Colville gelei waar die motor gevind is.

“Die vier verdagtes, twee mans (32 en 33) en twee vroue (26 en 33), is in hegtenis geneem by die huis waar die motor was. Die slagoffer se vuurwapen wat in die motor was, is ook in die veld naby die verdagtes se huis opgespoor.”

Die beskuldigdes gaan binnekort in die hof op aanklag van motorkaping verskyn, sê Gamieldien.

Kol. Belinda Rikhotso, waarnemende stasiebevelvoerder, het die lede gelukgewens met hul goeie werk en blitsige optrede om die voertuig en vuurwapen op te spoor.

Meer oor:  Kimberley  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.