Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 huise afgebrand weens ‘heksery’

Vier huise van mense in Limpopo wat in hul gemeenskap van heksery beskuldig word, is afgebrand.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê woedende mense van die Ntsoaneng-nedersetting buite Burgersfort het Sondag die huise aan die brand gesteek.

Die mense word ook daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die dood van ’n 16-jarige tiener wat in Desember in raaiselagtige omstandighede dood is.

Lede van die polisie se openbareorde-eenheid is ingeroep om die ontstoke inwoners uitmekaar te jaag. Mojapelo sê niemand is in hegtenis geneem weens die brandstigting en opsetlike saakbeskadiging nie.

“Daar is met ’n grootskaalse soektog na die skuldiges begin,” sê Mojapelo.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die afbrand van die huise as barbaars beskryf. Hy het die publiek gemaan om nié die reg in eie hande te neem en deel te wees van boendoegeweld nie.

“Dit is onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie.”

* Die polisie in Limpopo ondersoek ook ’n klag van opsetlike saakbeskadiging en brandstigting nadat vier groot vragmotors en sleepwaens in Phalaborwa aan die brand gesteek is. Volgens Mojapelo is R10 miljoen se skade aangerig toe die vragmotors en sleepwaens Vrydagnag by ’n onderneming wat voertuie verhuur, uitgebrand is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting oor dié twee voorvalle kan die polisie se noodnommer by 10111 bel.

Die binnekant van 'n uitgebrande huis buite Burgersfort in Limpopo. Foto: SAPD
Twee van die vier vragmotors wat in Phalaborwa in Limpopo aan die brand gesteek is. Foto: SAPD
Een van die vier huise wat aan die brand gesteek is. Foto: SAPD
Vier huise is buite Burgersfort in Limpopo aan die brand gesteek omdat die gemeenskap glo die eienaars is by heksery betrokke. Foto: SAPD
Meer oor:  Burgersfort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.