Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 in arres ná vrou se lyk in puttoilet gevind is

Die oorskot van ’n vrou van Zamdela in die Vrystaat wat al weke lank vermis was, is in ’n puttoilet op ’n kerkperseel in die woonbuurt gevind.

Vier mense, tussen die ouderdomme van 30 en 56, is kort ná die gru-vonds weens die moord op Mohanuwa Kobedi (34) in hegtenis geneem.

Kobedi was sedert 3 Februarie vanjaar vermis.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die lede van die taktiese reaksie-eenheid en Zamdela se trio-misdaad-eenheid het Sondag inligting oor die vermiste vrou opgevolg.

Dié inligting het hulle gelei na die eerste verdagte, wat daarna met die polisie saamgewerk het en inligting oor die ander verdagtes en Kobedi verskaf het.

“Hy het gesê dat haar lyk in ’n puttoilet op die kerkperseel versteek is.”

Die toepaslike owerhede is glo ingeroep en die erg ontbinde lyk is uit die puttoilet gehaal.

Volgens Makhele is die motief vir die moord nog onbekend.

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Zamdela verskyn.

Meer oor:  Vrystaat  |  Vrou  |  Lyk  |  Puttoilet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.