Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 in Hanover Park in skietery gewond

’n Gespanne atmosfeer heers in Hanover Park en Philippi op die Kaapse Vlakte nadat drie vroue en ’n man Saterdag in vermoedelik ’n bendeverwante skietvoorval gewond is.

Vier mense, waaronder ’n 15-jarige tiener, is omstreeks 21:50 in Athburg Walk in Hanover Park/Philippi geskiet en gewond, sê sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die vier mense is in die hospitaal opgeneem.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord, sê Rwexana.

“Alle leidrade word opgevolg in ’n poging om diegene wat verantwoordelik is, in hegtenis te neem. Die moontlikheid dat die voorval bendeverwant is, word ondersoek.”

Intussen sê Ebrahim Abrahams, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die slagoffers is geskiet terwyl hulle Saterdagaand partytjie gehou het.

“Lede van die Ghetto-bende het gedink hulle is deel van ’n mededingende bende,” beweer hy.

Meer oor:  Hanover Park  |  Philippi  |  Kaapse Vlakte  |  Misdaad  |  Gewond  |  Bendegeweld  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.