Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 in Wes-Kaap vas oor wapens, ammunisie
Die twee ongelisensieerde vuurwapens waarop die polisie se bende-eenheid Saterdagmiddag in die Muizenberg-omgewing beslag gelê het.Foto: Verskaf
Van die onwettige ammunisie waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf
Vier mans in die Muizenberg-omgewing is Saterdagmiddag aangekeer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ’n verskeidenheid van ammunisie. Hier is van die ammunisie waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf
Nog onwettige ammunisie.Foto: Verskaf

Die polisie se bende-eenheid het Saterdag vier mans in Muizenberg in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die mans, wat tussen 16 en 29 jaar oud is, sal na verwagting in die landdroshof in Muizenberg verskyn sodra hulle aangekla word, sê sers. Noloyiso Rwexana.

Volgens Rwexana het die polisie by Irenestraat in Hillview naby Muizenberg toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het.

“Met die eenheid se aankoms by die adres het hulle die perseel deurgesoek en op twee onwettige vuurwapens en ’n verskeidenheid van ammunisie afgekom.”

“Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, verseker die gemeenskap dat polisielede sal aanhou om ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie uit die gemeenskappe te verwyder en oortreders verantwoordbaar te hou,” sê Rwexana.

Meer oor:  Muizenberg  |  Bende-Eenheid  |  Ammunisie  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.