Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 kamma-polisiebeamptes in Jhb gevang

Vier mense is Sondag in Johannesburg aangekeer nadat hulle hulself glo voorgedoen het as polisiebeamptes.

Die verdagtes het glo vir buitelanders gelieg en geld van hulle geëis omdat “hul paspoorte verval het”.

Kapt. Xoli Mbele sê drie vroue en ’n man tussen die ouderdomme van 27 en 45 jaar is vasgetrek.

Twee van die vier is Vrydagoggend naby Twiststraat in hegtenis geneem en die ander twee by Wanderersstraat.

Volgens Mbele was die laaste twee juis besig om drie buitelanders se paspoorte te ondersoek. Omkoopgeld van R3 000 is glo gevra.

Tydens die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op twee vervalste aanstellingsertifikate van die polisie.

Al vier verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Meer oor:  Gauteng  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.